Te bang om met jou te praat
Ek voel angstig, so ek berei al voor
Wat om vir jou te sê
Ek wil nie stry nie, wil nie sleg voorkom nie
Ek probeer net, ek probeer net
Oh ja ek is okay
Moenie worry oor my nie, moenie stres nie
Ek fokken stres
Wat? Nee niks nie, geniet die res van jou dag
Mense en hulle dinge
Miskien gaan ek nooit heeltemal verstaan
Miskien pas ek nie heeltemal in nie
Dis okay, dis wat ek myself moet herinner
Maar dis moeilik om te onthou
Ek het my beheer verloor
Wil dit nie erken nie, maar dis waar
Sewe jaar het verby gegaan
Wat het ek om te wys daarvoor?
Ek dink partykeer aan 'n wêreld
Waar ek nooit eers begin het daarmee nie
Hoe sou dinge gelyk het?
Kon dit beter wees?
In die nasleep is daar
Stilte na die storm sy deel gedoen het
Is daar vrede?
Nou moet ek herbou, ek moet van vooraf begin
Ek dink partykeer aan 'n wêreld
Waar ek nooit eers begin het daarmee nie
Hoe sou dinge gelyk het?
Kon dit beter wees?
Heen en weer, op en af, dit hou nie op nie
Ek dink ek het dit, maar ek het nie
Nee ek het nie beheer nie
Ek dink partykeer aan 'n wêreld
Waar ek nooit eers begin het daarmee nie
Hoe sou dinge gelyk het?
Kon dit beter wees?
Ek dink partykeer aan 'n wêreld
Waar ek nooit eers begin het daarmee nie
Hoe sou dinge gelyk het?
Kon dit beter wees?