Jy wonder oor ons liefde
Jou oё wil my vermy
Jy keer en keer jou trane
Want jy moet weg moet vry
Jy soek ons foute êrens
Maar êrens lê by my
Jou woorde laat nog hoop bestaan
Jy sê jy's lief vir my
As jy moet gaan
As jy moet weg van my
Gee ek jou die vlerke en bid, jy vlieg terug na my
As jy moet gaan, as jy nie langer kan bly nie
Gee ek jou die wêreld met sy skatte
Hoop jy volg dit een vir een na my
Jy sê daar's nooit vir ewig
Ek maak of ek verstaan
Maar stadig brand my trane
Want jy moet vlug sê jy
En iewers wag daar môre
Maar iewers het vergaan
Jou woorde dra my laaste hoop
Jy sê jy's lief vir my
En weg
En weg vlieg jy van my
Kom terug
Kom terug as jy jouself daar kry
Sal wag
Sal wag tot tyd gaan lê
Maar as jy sê en sê jy's lief vir my, om my net pyn te spaar
Bly daar