As ek stap tussen die roet en as van 'n lewe wat eens vir my bekend was
Weet ek die blase en brandwonde wat ek voel raak weer gesond
Ek het gered wat ek kon - die res het in die vuur vergaan
En als wat nie verbrand het nie is deur die woedende vlamme getemper
Soos 'n soen op die voorkop van my siel
Val die reën met 'n seën in my gemoed toe ek kom kniel
Ek sal nie langer in die skadu van die pyn gaan lê nie
Want die Lig van Waarheid het deur die donker wolke van al die leuns gebreek
Die horison lê oop
Ek kyk op en sien my Rots weer raak
My fondasie daarop gebou het nie gekraak
Gee my lewe en verbind my wond
In U oë is ek reeds gesond
Ek het gered wat ek kon - die res het in die vuur vergaan
En als wat nie verbrand het nie is deur die woedende vlamme getemper
Soos 'n soen op die voorkop van my siel
Val die reën met 'n seën in my gemoed toe ek kom kniel
Ek sal nie langer in die skadu van die pyn gaan lê nie
Want die Lig van Waarheid het deur die donker wolke van al die leuns gebreek
Die horison lê oop
Ek het ontsnap uit die tronk van my twyfel en ek weet waar ek staan
Hierdie eerste stap van my is nou maar die begin
Want die son begin weer skyn