Bekommerd in die donker lê hy by haar
Sy het lankal reeds die hartseer in sy oë gewaar
Nog voordat hy kon sê het sy geweet wat pla
Die geld is min en die moed nog minder
Sy vou haar hande om sy wange en sê vir hom
Speel die spel van die lewe
Vat die mooi en die seer en soek na vrede
Jy sal nooit alles kan verstaan
Ons leef van genade
Al die vrae wat my pla het ek reeds begrawe
En al my antwoorde kry ek by jou
Soos gister onthou sy toe hy haar vra
Tussen blomme langs die water sê sy toe ja
Nog voordat sy kon keer toe loop die trane klaar
Want die liefde bloei en word al sterker
Hy vou sy hande om haar wange en sê vir haar
Speel die spel van die lewe
Vat die mooi en die seer en soek na vrede
Jy sal nooit alles kan verstaan
Ons leef van genade
Al die vrae wat my pla het ek reeds begrawe
En al my antwoorde kry ek by jou
Ons weet hoekom ons lewe
Als gebeur vir 'n rede
As die stof gaan lê sal jy my hier langs jou hê
(Speel die spel van die lewe
Vat die mooi en die seer en soek na vrede
Jy sal nooit alles kan verstaan)
Ons leef van genade
Al die vrae wat my pla het ek reeds begrawe
En al my antwoorde kry ek by jou
Ons leef van genade
Al die vrae wat my pla het ek reeds begrawe
En al my antwoorde kry ek by jou