Waarom is hartseer 'n deel van ons bestaan en hoekom is LIEFDE so moeilik om te verstaan?
Waarom is 'n hart so broos en die wêreld liefdeloos
Al lyk dit donker rondom jou; In my arms sal ek jou toevou
Jy is so kosbaar
Jy sien als wat mooi is raak
Moet jou nie bekommer oor dit waaroor almal praat
Strek jou uit na dit wat voor jou is
Jy mag nie eers 'n oomblik mis
Jy sal hierdie kan oorwin
Ek wil jou iets vra
Hoe sal jy wyser raak as jy nie foute maak?
Solank jy weer opstaan
Deur al die pyn en seer moet jy weer probeer want dit is nooit té laat
Swaarkry maak jou sterker
Glo in wonderwerke
Vir al jou foute is daar reeds betaal
Droom jou wildste drome
Speel daai mooi akkoorde
Spreek die woorde wat in jou hart lê en hou aan glo
Jy is 'n vegter
Niks sal jou onderkry
Vestig jou oë op die doel en moet niks vermy
Wees trots op jou identiteit al word dit vir jou teruggesmyt
Jy is gebore om te wen
Selfs die Vader vra
Hoe sal jy wyser raak as jy nie foute maak?
Solank jy weer opstaan
Deur al die pyn en seer moet jy weer probeer want dit is nooit té laat
Swaarkry maak jou sterker
Glo in wonderwerke
Vir al jou foute is daar reeds betaal
Droom jou wildste drome
Speel daai mooi akkoorde
Spreek die woorde wat in jou hart lê
Wat jy vashou mag jy dalk net verloor
Leer om te koester wat jy sal kan hou en vertrou dat die res in plek sal val
(Hoe sal jy wyser raak as jy nie foute maak?
Solank jy weer opstaan
Deur al die pyn en seer moet jy weer probeer want dit is nooit té laat)
Swaarkry maak jou sterker
Glo in wonderwerke
Vir al jou foute is daar reeds betaal
Droom jou wildste drome
Speel daai mooi akkoorde
Spreek die woorde wat in jou hart lê en hou aan glo