[ Featuring Cream Machine ]
Mini-me's wil kom diss but ek feel niks
Die wie beef koop gesig, seeking features
Die's die team wie die vuur blus
Skills laat jou rus diep in peace as ons rug teen die muur is
Rigting bestuur, die's die bus, ha ah nee is was
Which means niks passasiers, ons is 4 stuks
Vissermanne op die beats, tussen slange in die streets
Niks verander want jou gift is jou weakness
Jy hoor but jy luister min
Jy kan maar gunne cork, but ek vat jou pype in soos n seamstress
Worry oor wie's first
Wat gaan dit baat jy wil deure toe kom maak as ek Alicia (Al hiersa) met die Keys is
Is jy verseker jy't verbeter?
Jy kan verniet aan jou lirieke piete, hier is n betere lied, Cream machine is
N Real myth vir die non-believers
En ek kom met die kommitee, jou ouens feed niks
Feeble emcees wag die beast moet release is
Ons gaan bar vir bar as of ons in Long Street is
Ek bom speakers met wat my tong Preach
As die hond op heat is
Los ek in jou oordrom n fetus
Die competition wil competitions opstel
Want die klong vernieg die heart (Haat) sonder seizures
First things first, study die Cream verse gereeld in jou temple, soos n jong Jesus
Weg
Weg met die wind masekin ja
Wan die grense wat jy vir my geplaas het
Weg van daai dinge wat jou blind maak
Weg van die reels wat jy vir my gemaak het
Weg met die stilte, begin praat
Om seeninge te keur sal rampe jou agterna sit
Maar ons gaan nie daar oor praat nie
Jy wil nie daaroor praat nie
Maak nie saak wat die mense
Van die man gese ét
Ons is main ouens, soos Marikana werkers
Study maar die template
Ons kan die Kaap oorvat
Maar als wat ek drop gaan oor koppe, Naas botha
Raak maar gewoond aan die manskap se toorkrag
Afrikaans woon in my verstand, daar's n hoofstad
Oral waar my sool trap, daai is my grond gebied
Try om die klong te breek
Nai jy's te lomp vir die
A.k bullets vir n style, gevang in wolwe crosshairs
Waqar Younis in sy prime, as die mortals kom bat
Die master is geweldig met die skills goete
Ek plaas dit in album, en die streets voel dit
Ek sien darkness is te helder, ekke reboot dit
Julle bars is die selle (Selfde), nes die 4 hoeke
Lee het geloop op water, Cream laat die blindes sien
Judas hulle haat dit, maar wie kan die rhythm kill
Rug teen die muur, die strate het die sleng lief
Betower jou met taal, so noem my n lang-witch
Die emcee bless bridges, al het som afgebrand
Het die klong aangestap
Ondergrond, sak en as
Haulocaust dag en nag
Volle bors sudden rush
Onortedokse klanke spat, ons songs blaker hard
En die bloedverwantskap is so gevaarlik soos n taagmag
Ons loop saam as n unit asof die Noag se ark was
Doen die dade, julle rappers is kwesbaar
Ek het altyd lyn op my soos n goose met stretchmarks
Weg
Weg met die wind masekin ja
Wan die grense wat jy vir my geplaas het
Weg van daai dinge wat jou blind maak
Weg van die reels wat jy vir my gemaak het
Weg met die stilte, begin praat
Om seeninge te keur sal rampe jou agterna sit
Maar ons gaan nie daar oor praat nie
Jy wil nie daaroor praat nie
My Kuilsriver attitude
Het wysvingers weg gespoel
Chase bring dit met salute
Paint vivid prente soe
Lekke ooh, ekke proe, lemon juice flows
Het geprove ekke tackle crew's nes Gattusso
My vocal diepte en flow teken motion pictures
Gesoute skills, turn local scenes in sovereign kingdoms
Die Cream bring machine gun skills in, bulldoze
Teen n team want die king bedien dan truth nou
Torpedo-rap, mean ek blaas jou uit die water uit
Master Chase maak slawe vry
Wane hy in Afrikaans in skryf
En numbers lace in alle ways die loop holes
Het n man gesmyt saamet Chase nou kan my roots grow
Met n wet broe
Dis next level verse wane ek spoeg
Hulle lyne is Rastafarian kraniums... dreadful
Is netsoe, die cats voel os move slow
But die fondasie moes geplaas wees voor ons kon hoeg bou