My huis het vir lank toe gestaan
Tot jy besluit het om jouself in te laat
En als was redelik aan die kant
Tot jy gekies het om dit weer deurmekaar te maak
Nou's al my vensters toegewasem deur my trane
En ek sien jou spook in elke hoek van elke kamer
Daar is geen vrede in ons huis, ek het geen rede om te bly
Ek wil uit
Daar is geen vrede binne my, ek kry te seer en ek wil uit
Kry my hier uit
Dit het my baie lank gevat
Om te soek vir die moed om nogsteeds sterk te staan
Deur die reën en die winde met 'n fondasie klaar so swak
Ja die vorige storm het my byna platgeslaan
Nou's al my vensters toegewasem deur my trane
En ek sien jou spook in elke hoek van elke kamer
En ons herinneringe sit vas in die krake
Van al die mure waar jy slaan laat in die aande
Daar is geen vrede in ons huis, ek het geen rede om te bly
Ek wil uit
Daar is geen vrede binne my, ek kry te seer en ek wil uit
Kry my hier uit
En ek weet wat sê hulle oor stille waters, diepe grond
Maar ek dink die duiwel draai iewers in my huis rond
Daar is geen vrede in ons huis, ek het geen rede om te bly
Ek wil uit
Daar is geen vrede binne my, ek kry te seer en ek wil uit
Kry my hier uit
Ek wil hier uit
Ek wil hier uit
Kry my hier uit
Of ek breek hier uit
Ek wil hier uit
Ek wil hier uit
Kry my hier uit
Of ek breek hier uit