Ek sit in die boot
Met golwe so groot
Dit vul my met vrees
Wat my binneste kneus
Met 'n hand uitgestrek
En met liefde bedek
Roep Jesus my naam
Om op waters te staan
My oë is op U, My oë is op U
U is die Seun van God
Dis U wat die winde stop
My oë is op U, My oë is op U
Deur U naam sal ek vas bly staan
Al voel dit of als vergaan
My oë is op U
Wanneer twyfel my knou
My gedagtes vashou
Sal U Gees my kom lei
En geloof kom versprei
My oë is op U, My oë is op U
U is die Seun van God
Dis U wat die winde stop
My oë is op U, My oë is op U
Deur U naam sal ek vas bly staan
Al voel dit of als vergaan
My oë is op U
Selfs in onbekende waters
Weet ek dat U my altyd sal bly lei
U is die God wat nooit sal wankel
Die Naam bo elke naam
Die Een wie langs my staan
Selfs in onbekende waters
Weet ek dat U my altyd sal bly lei
U is die God wat nooit sal wankel
Die Naam bo elke naam
Die Een wie langs my staan
My oë is op U, My oë is op U
U is die Seun van God
Dis U wat die winde stop
My oë is op U, My oë is op U
Deur U naam sal ek vas bly staan
Al voel dit of als vergaan
My oë is op U