U is lewe, U't die dood oorwin
En my vergewe, my lewe maak nou sin
U gee hoop, U gee vrede
Ek gee nou my hele lewe
My elke asem net vir U
U's die Rede, Ek is vrygemaak
Van my verlede, my lewe maak nou saak
Saam met U is ek gekruisig
Deur U bloed is ek gereinig
Oorwinning vind ek in U weë
Vir my om te lewe is Jesus
Vir my om te lewe is Jesus
My hele bestaan draai om Een Naam
Vir my om te lewe is Jesus
U is lewe, U't die dood oorwin
En my vergewe, my lewe maak nou sin
U gee hoop, U gee vrede
Ek gee nou my hele lewe
My elke asem net vir U
Vir my om te lewe is Jesus
Vir my om te lewe is Jesus
My hele bestaan draai om Een Naam
Vir my om te lewe is Jesus
Ek sal my nie skaam vir die Naam van Jesus nie
Ek sal my nie skaam vir die Naam van Jesus nie
My tong sal getuig, my hart sal voor U buig
My lewe is nie meer my eie nie
Vir my om te lewe is Jesus
Vir my om te lewe is Jesus
My hele bestaan draai om Een Naam
Vir my om te lewe is Jesus