Vandat ek jou die eerste keer gesien het, het jou hart klaar behoort aan my
Vandat jy my die eerste keer gesoen het, het ek geweet dis by jou waar ek wil bly
Dit was nog nooit maklik, om my hart teenoor `n vreemdeling oop te maak
Maar ek glo dat liefde, my hart sal beskerm as dit moeilik raak
Al staan ek alleen sal ek nie moed opgee
Solank ek net altyd in liefde glo
Al is ek al een wat teen die storms baklei
Sal ek nie ophou om in liefde te glo
Want liefde sal altyd, altyd, `n lig in die donkerte bring
Liefde sal altyd, altyd, my hartklop weer in ritme laat spring
Ek was altyd opsoek na die regte een, wat vir my kon wys hoe mooi liefde is
En toe is jy daar soos `n somer son, wat hitte bring deur die winter mis
Dit was nog nooit maklik, om my hart teenoor `n vreemdeling oop te maak
Maar ek glo dat liefde, my hart sal beskerm as dit moeilik raak
Al staan ek alleen sal ek nie moed opgee
Solank ek net altyd in liefde glo
Al is ek al een wat teen die storms baklei
Sal ek nie ophou om in liefde te glo
Want liefde sal altyd, altyd, `n lig in die donkerte bring
Liefde sal altyd, altyd, my hartklop weer in ritme laat spring
Liefde sal altyd, my laat sterk staan al is ek bang
Liefde sal altyd, altyd, altyd...