Daar's 'n skatkis in die sand
Met stories van 'n verre land
Dis die land waar ek wil bly
Ek hoop die stories maak my vry
Ek het 'n kis, dis toegesluit
Jare en jare goue buit
Die sleutel het ek nou by my
Ek gaan al daai woorde bevry
Sluit dit oop sluit dit oop
Haal dit uit dis hoe dit hoort
Stof dit af ja sluit dit oop
Haal dit uit ja maak dit oop
Pandora sê sy wil in my kis kom loer
Haar kruik wil haar net slegte dinge voer
Aladin staan en wag ook in die ry
Sy lamp se genie wil my kis vermy
In my kis die woorde wat daar lê
Hul breek nou uit om eindelik iets te sê
'N Magic carpet ride waarop hul ry
Neem my saam na waar die mat weer gly
Sluit dit oop sluit dit oop
Haal dit uit lê dit bloot
Stof dit af ja sluit dit oop
Haal dit uit ja maak dit oop
Sluit dit oop sluit dit oop
Haal dit uit dis hoe dit hoort
Stof dit af ja sluit dit oop
Haal dit uit ja maak dit oop
Sluit dit oop sluit dit oop
Haal dit uit lê dit bloot
Stof dit af ja sluit dit oop
Haal dit uit ja maak dit oop
Sluit dit oop sluit dit oop
Haal dit uit dis hoe dit hoort
Stof dit af ja sluit dit oop
Haal dit uit ja maak dit oop