Klou aan die maanhare
En die wit wat sweef
Dit spat jou nat en skuim
Rondom jou nek wat breek
En broos lê teen jou saal
Runnikende klanke stoot
Die asem weg met
Snikkende verlange
Na die ritme wat dan
Polsend om jou maal
Klop klop kom die wit perd
Galoppend wip sy wit stert
Jy gryp die teuels en hou my in
Deur skuim wat oor jou waai
Saalseer lê jy wagtend
In die leerwerk ingedraai
Hygend lê jou asem vlak
En brandend teen my wang
Wat teen jou rustend lê
Verwagtend streel
En nat spieël in jou traan
Wippend oor die vlaktes
Van verlange dryf jou
Hare smelted een
En golf dit ritmies
In die spore van my maan
Klop klop kom die wit perd
Galoppend wip sy wit stert
Jy gryp die teuels en hou my in
Deur skuim wat oor jou waai
Saalseer lê jy wagtend
In die leerwerk ingedraai
Ruitermoeg en blasend
Oor die saad wat liefde saai
Klop klop kom die wit perd
Galoppend wip sy wit stert
Klop klop kom die wit perd
Galoppend wip sy wit stert
Klop klop kom die wit perd
Galoppend wip sy wit stert
Klop klop kom die wit perd
Galoppend wip sy wit stert