Daar's n uur in my dag wat net myne is
Wat ek slaap
Of sing
Of hulde bring
Dit is stil
Net ek en die Heer
Elke uur van die dag is uitgelê
Daar's n plan
'n Plig
Ek is doelgerig
Ek verdwaal
Jy kom wys my die lig
Waar's die uur in my dag wat net myne was?
Die gejaag
Na wind
Het weer gewen
Ek verdwaal
Jy kom gee my weer hoop
Maar as jy klop
Sal ek oopmaak
En as jy vra
Sal jy kry
En as jy val
Sal ek afbuig dat ons kan
Sal ons stil word op ons knieë
Dan bid ons saam
En sing ons saam
En bring ons hulde aan Sy naam.
Die jare loop so vinnig deur die uurglas
Die einde is n skelm in die nag
Ek besef dat ek die mooiste dae gemis het
Terwyl ek so op more staan en wag.
Kan ek klop
Sal jy oopmaak
En as ek vra
Sal jy gee?
En as ek val
Sal jy afbuig dat ons kan
Stil word op ons knieë
Dan bid ons saam
En sing ons saam
En bring ons hulde aan Sy naam.