Ek trek die lakens oor my kop
Hoe staan die wêreld om my op as dit oggend word
Stuur van jou vrede in my rigting
Ek het nodig om te weet dit sal beter word
Wie sal my in die nag kan kom kry, as die son oor my daal?
Hou jou hart oop
Die lug is blou
Ek het jou nodig
Soos in nou
Hoe verander die son as die antwoorde faal
Stuur 'n rooksein, ek hou die lug al lankal dop
Ek het jou nodig
Hierdie dinge speel met my kop
Ek wil verander, maar sonder jou bly alles doodstil staan
Ek is 'n vryerige denker
Ek is 'n storm teen die grein van 'n wentelbaan
En as die leemte my ontnugter word ek die stilte oor 'n wyer oseaan
Jy hou my teenaan jou bors as die nag oor my daal
Hou jou hart oop
Die lug is blou
Ek het jou nodig
Soos in nou
Hoe verander die son as die antwoorde faal
Stuur 'n rooksein, ek hou die lug al lankal dop
Ek het jou nodig
Hierdie dinge speel met my kop
Ek wil verander, maar sonder jou bly alles doodstil staan
In die donker kom haal ek jou
In die donker kom haal ek jou
Ek het jou nodig
Ek het, ek het jou nodig
Ek het jou aan die hand beet
Ek het jou aan die hand beet
Ek het jou aan die hand beet
As jy faal