Dit was 'n kamer
In 'n woonstel blok
Oggend mis deur die ruit
Sagte lyf teen my bors
'n Aangename realiteit
Met die koue lug wat deur die vensters fluit
Ek wou jou sien
Ek wou hoor
Daai klank van 'n golf wat die sandbank versmoor
Ek wou jou sien
Ek wou jou hoor
Een aand op jou stoep sonder twyfel het ek geglo
Die laat middag son bak my bene rooi
Jy wat na my kyk
Met die eindelose mooi
Die tyd het gekom vir my om te gaan
En deur die koffie en rook
Het ek opgestaan
Ek wou jou sien
Ek wou hoor
Daai klank van 'n golf wat die sandbank versmoor
Ek wou jou sien
Ek wou jou hoor
Een aand op jou stoep sonder twyfel het ek geglo
Een aand op jou stoep sonder twyfel het ek geglo
Ja, een aand op jou stoep sonder twyfel het ek geglo
Ek wou jou sien
Ek wou jou hoor
Ja, een aand op jou stoep sonder twyfel het ek geglo