Met soveel wat in die lug bly hang
Is dit genoeg om te weet dat jy ook hier staan
Daar is kere wat ek net soos die wind wil wees
Jy noem my die idees die oggendson
En jou woorde word die gloed in 'n lugballon
Sal ons paaie tussen wolke wees?
Jy is genoeg, jy is genoeg
Jy is genoeg sonder dat jy te hard probeer
Jy is genoeg omdat jy van jouself bly gee
Ja ons paaie sal tussen wolke wees
Hoor my fluister, hoor my roep
Want dit is ek wat jou uit die lug begroet
Daar is tye wat ons twee saam die wind kan wees
In die hemelruim teen die gewelf
Lê die drome en beelde van jouself
Hoe kan ons spore tussen sterre los?
Jy is genoeg, jy is genoeg
Jy is genoeg sonder dat jy te hard probeer
Jy is genoeg omdat jy van jouself bly gee
Oor die velde heen, vanuit die dieptes van die see
Van ooral oor, en vanuit jou, voordat tyd begin en nou
Jy is genoeg
Jy is genoeg, jy is genoeg
Jy is genoeg sonder dat jy te hard probeer
Jy is genoeg omdat jy van jouself bly gee
Ja ons paaie sal tussen wolke wees