Hoeveel keer is jy in die oë gestaar
Jou woorde koud jou hart is swaar
Dis jou vrese wat voor jou staan
Soos water van my rug af
Dis meer as wat ek verwag
My siel sal nooit vergaan
Ek loop met die Hemel in my hand rond
Ek voel die aarde deur my hart klop
Tussen my en jou moes ek groot word
En ek aan gaan gegrond word
Dis die vrede waarvoor ek staan
Soos water van n rug af
Dis meer as wat jy verwag
Deur als sal ek bly staan
Ek loop met die Hemel in my hand rond
Ek voel die aarde deur my hart klop
Ek loop met die Hemel in my hand rond
Ek voel die aarde deur my hart klop
Ek loop met die Hemel in my hand rond
Ek voel die aarde deur my hart klop
Ek loop met die Hemel in my hand rond
Ek voel die aarde deur my hart klop