Hier waar ek nou
Voor U kniel my Here
Is my hart swaar en dof
My trane wil nie meer vloei nie Here
Die toekoms het verdof
As pyn lank genoeg
Aanhou met klop
Raak ek dit meer
Al meer gewoond my Heer
Maar ek sit nou verward hier by U
Want U Woord beloof my meer
Kan U my weer kom heelmaak
Die pyn en die vrees
Kom aanraak Here
Sal U my weer kom rustig maak
Die twyfel hier binne my
Kom wegmaak
In my bed in die aand
As stilte om my hang
En vrees my seilskip
Die toekoms in kom blaas
Dan is dit moeilik Here
Om te bly glo
U hou my lewe
In U hande vas
Kan U my weer kom heelmaak
Die pyn en die vrees
Kom aanraak Here
Sal U my weer kom rustig maak
Die hartseer hier binne my
Kom aanraak
Kan U my weer kom heelmaak
Die pyn en die vrees
Kom aanraak Here
Sal U my weer kom rustig maak
Die hartseer hier binne my
Kom wegmaak
Die pyn en die vrees
Kom aanraak Here
Die twyfel hier binne my
Kom wegmaak