Ek sien die letsels op jou oë
Hartseer bewoë
Kortsigtig ongeskik
Verdeeltheid wat jou ruk
Weerkaatsing van 'n spieël
Pyn wat jou verniel
Bagasie wat jy dra
Nimmereindend soos jy kla
Nimmereindend soos jy kla
Jy kla
Die wêreld vol klagte
Oorloë wereld-magte
Sien jy die reënboog
Leef jy die oorlog
Wag op wonderwerke
Staar ons in die verte
Nader as jou drome
Jys gesluit vir dit wat voorlê
Jys gesluit vir dit wat voorlê
Jys gesluit
Moet ek skree om te weet jy hoor my
Moet ek verdwyn om te wys ek bestaan
Moet ek weghol vir jou om my te verlang
Kan ek deur jou sien waar ek staan
Maak oop
Maak oop
Maak oop
Jou oë
Die visie verdraaide wonderwerke
'n Verlosser is waarna jy nou soek
Pyn-drempel selfverwyt en skande
Weerkaatsing die skrif is aan die muur
Moet ek skree om te weet jy hoor my
Moet ek verdwyn om te wys ek bestaan
Moet ek weghol vir jou om my te verlang
Kan ek deur jou sien waar ek staan
Maak oop
Maak oop
Maak oop
Jou oë
Maak oop
Maak oop
Maak oop
Jou oë
Ek sien jou Ubuntu in die berge
Ek sien jou Sawubona tussen sterre
Ek sien jou Ubuntu in die berge
Ek sien jou Sawubona tussen sterre
Ek sien jou Ubuntu in die berge
Ek sien jou Sawubona tussen sterre
Ek sien jou Ubuntu in die berge
Ek sien jou
Maar sien jy my
Ek sien jou
Maar sien jy my