Ek is 'n vreemdeling
Vir reguit dink
Ek het nee gesê
Maar tog my kop geknik
En nou dra almal die gevolge
Behalwe ek self
Ek het 'n huis gebou
Om dit weer af te breek
Ek het dit uitgedoof
Al sou ek dit uit skree
Ek moet aan ander dink
Enigeen, behalwe myself
Het ek maar net die reguit pad gevolg
En nie my eie kop nie
Sou dit dalk soveel makliker wees
Het ek maar aan die waarheid vasgehou
En nooit dit ooit laat los nie
Sou dit dalk soveel makliker wees
Ek is 'n reisiger
Tussen plekke waar
Ek nooit moes wees nie
En waar mense na my staar
Want hulle weet nie hoekom ek
Ooit hierso is nie
Nou dwaal ek rigtingloos
In die duister rond
Soos als wat ek vrees
Nou rondom my waar word
Want eerlikwaar weet ek ook nie
Hoe kon ek dit ooit mis nie
Het ek maar net die reguit pad gevolg
En nie my eie kop nie
Sou dit dalk soveel makliker wees
Het ek maar aan die waarheid vasgehou
En nooit dit ooit laat los nie
Sou dit dalk soveel makliker wees
Ja ek erken ek het verdwaal
Ek erken ekke was weg
Ek erken ek was verkeerd
Al wens ek nogsteeds ek was reg
Ek sal erken dit was 'n fout
En ek besef dit dalk te laat
Maar ek belowe hierdie foute
Word weer reggemaak
Het ek maar net die reguit pad gevolg
En nie my eie kop nie
Sou dit dalk soveel makliker wees
Het ek maar aan die waarheid vasgehou
En nooit dit ooit laat los nie
Sou dit dalk soveel makliker wees