Het jy als hier verloor om jouself weer te vind
Het jy alles probeer om jou skuld uit te blink
Het jy ophou glo
In als as 'n kind?
Het jy als weggesteek
Wat jy hier wou vind?
Hier staan Ek
Hier staan Ek nogsteeds
Wou jy weer opstaan
Al was dit soms te seer
Het jy als vasgehou
Al was dit als gebreek?
So ek skree en probeer
Maar my voete is seer
Hande-vier-voet
Die donker deur
Daar staan Jy
Daar staan Jy alweer
Ek het boeke vol briewe vir jou geskryf
Jou naam die begin van elke refrein
Teveel is nie teveel vir My nie
Ek het boeke vol briewe vir jou geskryf
Jou naam die begin van elke refrein
Teveel is nie teveel vir My nie